Vakkeuses Graad 8 & 9
TAAL KEUSE:
Afrikaans
Engels
VERPLIGTE VAKKE – BEVORDERINGSVAKKE
Wiskunde, Algemene Wetenskap, Sosiale Studies
NIE-BEVORDERINGSVAKKE:
Lewensoriëntering
KEUSEVAKKE:
Kies een uit elk van die twee groepe as ‘n keusevak vir jou graad.
GROEP 1
- Gasvryheidstudie
- Tegniese Tekeninge
- Duits
GASVRYHEIDSTUSIES
Gasvryheidstudies is ‘n vak wat uit voedselproduksie (sjefopleiding) en voedseldiens (kelnerwerk) sowel as hotelorganisasie en bestuur bestaan. Die vak is ‘n lewensvaardigheidsvak met ‘n sterk praktiese komponent.
OF
TEGNIESE TEKENINGE
Hierdie vak is ‘n suiwer tekenvak, waar die kind ‘n interessante blik in die tegniese wêreld kry en waar hy betrokke raak met die teken van ‘n wye spektrum van komponente.
Tekeninge wat aanvanklik in graad 8 begin met ‘n inleiding tot tekentegnieke en -konstruksies en eindig in graad 12 met die volledige teken van masjienonderdele tot volledige huisplanne.
Die ideale vak om u kind voor te berei vir Ingenieurswese, Argitektuur en selfs net as tekenaar. RGO (rekenaargesteunde ontwerp) vorm deel van die pakket vanaf graad 10, waar elke tekening met die hand en met die rekenaar geteken moet word. Ter afsluiting, in graad 12, word volledige ontwerpe en tekeninge gedoen wat al die verworwe hand- en rekenaarvaardighede assesseer en die kind voorbereid in bogenoemde rigtings uit stuur.
OF
DUITS
Die vak Duits is die eerste drie jaar daarop gerig om die leerlinge ‘n goeie basis te gee om die taal te praat. Reeds aan die einde van Graad 8 kan leerlinge basiese gesprekke voer, skryf en lees. Leerlinge kry woordeskat wat hulle moet leer. Dit word dan skriftelik en mondeling geoefen. Duits is leerbaar, iets nuuts en ‘n bonus in ons land. ‘n Leerling wat Duits neem, moet bereid wees om elke dag sy woordeskat te leer, gemotiveerd en passievol klas toe te kom.
GROEP 2
- Rekeningkunde
- Entrepreneurskap
Vakkeuses Graad 10/11/12
Kies een primêrenen een addisionele taal:
Primêre taal:
Afrikaans Huistaal
Engels Huistaal
Addisionele taal:
Afrikaans Huistaal
Engels Huistaal
Afrikaans Addisionele Taal
Engels Addisionele Taal
Kies een vak uit Wiskunde:
Wiskunde
Kwantitatiewe Beredenering
Kies drie vakke uit die volgende vier groepe(slegs een vak per groep kan gekies word)
1.1 Igenieursgrafika en Tegnologie of Duits TIP of Toerisme
1.2 Geografie of Rekeningkunde
1.3 Fisiese Wetenskap of Besigheidstudies of Gasvryheidstudies
1.4 Biologie of Rekenaarstudie
Engelse Onderrigmedium:
Gr 8 – 2020
Gr 9 – 2021
Gr 10 – 2022
Gr 11 – 2023
Gr 12 – 2024
IEB – ISS
Leerlinge ontvang die Internasionale Sekondêre Sertifikaat aan einde van graad 12
Vraestelle word deur die IEB in Suid-Afrika opgestel en gemerk
Die kwalifikasie word deur Stellenbosch Universiteit geakkrediteer.
Kwalifikasie gee leerlinge toegang tot universiteite dwars oor die wêreld.
Kwalifikasie is goed gekeur deur Ministerie van Onderwys in SA asook die Universiteitsraad
Kwalifikasie is ook vergelyk met Europese lande, Australië en Kenya en op goeie standaard
Evaluering:
Graad 8 – 12
Elke Semester: 3 x Bemeesteringstoets
1 x Eksamen
Klastoetse gereeld
Projekte:
Vorm ‘n integrale deel van bogenoemde
Meerderheid projekte word in die klas afgehandel
Een groot projek per jaar word gedoen
Ekstraklasse – Maandae tot Donderdae