Fasiliteite
WAP bied ‘n busdiens, klerewinkel, koshuis, die Andries du Plessis-saal en sportfasiliteite soos ‘n rugbyveld, Astro-hokkiebaan, en gimnasium by Affiespark.
Busdiens
Geskatte oplaaitye:
Wanderers | Baines (dokterspreekkamers) | Academia Inkoopsentrum | KFC Grove | Lolopark |
---|---|---|---|---|
06:15 | 06:25 | 06:35 | 06:40 (Aflaai ook by Pikkie Paradys) | 06:45 |
Bustye: Na-middag busse vertrek ongeveer 13:30 en volg dieselfde roete.
Klerewinkel
Die WAP-klerewinkel is op die skoolterrein gevestig. Ruth Tjiriange is die klerewinkel-administrateur.
Winkeltye
Skoolsaal
Andries du Plessis-saal
Ons is trots om te sê dat ons een van die mooiste sale in die land het. Die Andries du Plessis-saal kan ongeveer 1200 mense akkommodeer. Vir saalbesprekings, kontak gerus die skool by admin@wap.edu.na.
Koshuis
WAP bied losies reg oorkant die skool by Drakensbergstraat 8. Kinders is onder toesig van Abie en Tertia van Wyk, ons inbly-ouers.
Verblyf sluit gebalanseerde etes en vervoer na Affiespark -sportgronde in. Daar word ook gereelde studietye gevolg.
Ons bied ‘n huislike atmosfeer met toegang tot ‘n swembad, tafeltennis en braaigeriewe.
Geen leerlinge kan tydens naweke gehuisves word nie. Uitsonderings kan gerus met die
skoolbestuur bespreek word.
Affiespark Sportgronde
Op Affiespark spog ons met ‘n rugbyveld, Astro-hokkiebaan, netbalbane en ‘n krieketveld. Ons het ook ‘n binnenshuise hokkiebaan. WAP se ander sportfasiliteite sluit ‘n klubhuis, snoepie en konferensiefasliteite in.