Welkom by

Windhoek Afrikaanse Privaatskool

Windhoek Afrikaanse Privaatskool (WAP), geleë in Eros Windhoek, is die enigste skool in Windhoek wat onderrig van graad R tot 12 in Afrikaansmedium aanbied. Onderrig word ook in die hoërskool in Engels vanaf graad 8 aangebied.

Ons strewe dag na dag na uitnemendheid op alle gebiede en met die genade van Bo het ons leerdergetalle vir 2025 tot 1280 gestyg.

Missie

Ons Missie

Windhoek Afrikaanse Privaatskool bied kinders, binne die geborge ruimte van ‘n gelukkige skoolgemeenskap, die geleentheid om tot toegeruste volwassenes begelei te word deur middel van:

• kwaliteitonderrig

• onderrig in Afrikaans

• christelike waardes

Kernwaardes

WAP streef daagliks na die volgende kernwaardes:

• gesonde dissipline

• afrikaanse moedertaalonderrig

• geborgenheid

• verdraagsaamheid met mekaar

• deursigtigheid

• integriteit

• verantwoordelikheidsin

• verantwoordbaarheid

Visie

Ons Visie

Windhoek Afrikaanse Privaatskool streef om die toonaangewende skool in Namibië te wees.

Geskiedenis

Ons Geskiedenis

Op 4 Maart 1995 maak die skool amptelik met 71 leerlinge oop en ‘n jaar later word mnr Johan Esbach as die eerste skoolhoof aangestel.

Gedurende 1997 betrek die skool die Eros-perseel wat deur ‘n sakeman, mnr Andries du Plessis, beskikbaar gestel word.

Teen 2000 is daar 102 leerlinge by WAP ingeskryf en drie jaar later neem die skool vir die eerste keer aan die Privaatskolebyeenkoms deel.

Gedurende 2004 spog die skool met 266 leerlinge en is daar geen gekombineerde graad-klasse meer nie.

Hoërskoolklasse word in 2005 aangebou

Gedurende 2007 koop WAP die Eros-perseel en twee jaar later word Treintjieskool ook deel van WAP.

In 2009 begin die ontwikkeling van die sportvelde.

Die Andries du Plessis-skoolsaal word in 2012 ingewy.

Teen 2012 spog die skool al met 895 leerlinge en begin die koshuis met 6 leerlinge.

Gedurende 2013 word die AffiesPark Klubhuis in gebruik geneem.

Gedurende 2016/2017 bou WAP die Astro-hokkie baan en die groot pawiljoen by die sportveld.

Gedurende 2020 begin WAP ‘n Engelsmedium stroom in graad 8 wat jaarliks infaseer.

Nog hoërskoolklasse word gedurende 2022 aangebou.

Vanaf 2022 skryf WAP die Internasionale eksamen (ISS) van die IEB.

Skoolvlag en Wapen

Simboliek

Soos in die skoolwapen:

Die breërwordende middelste driehoek dui op:

  • positiewe groei,
  • positiewe betrokkenheid by ons gemeenskap en
  • die positiewe uitleef van ons lewensbeginsels na

Die son:

  • simboliseer die verlossing in Christus wat soos die opkomende son sigbaar geword het, vlg Maleagi 4 vers 2 : “Maar vir julle wat my Naam vrees, sal die son van geregtigheid opgaan.”
  • tipeer die skool as eg Namibies met die son wat ook op die landsvlag voorkom.

 

 

Die aalwyn:

• tipeer die skool as ‘n Windhoekse instelling met die aalwyn wat ook op die stadswapen voorkom.

Die Bybel/ oop boek:

• vorm die basis van die skild as simbool daarvan dat die skool ‘n Christelike etos handhaaf;
• simboliseer die verwerwing van kennis.

Die skild:

Die skild word in drie gedeel deur twee spitslopende lyne wat die Bybel omsluit as simbool van die Goddelike gerigtheid van die skool.