Welvarende WAP
WAP streef daarna om uitnemende fasiliteite vir akademie, sport en kultuur te verskaf.
Die opgradering van hierdie fasiliteite vereis bykomende fondse, waarmee ons nie ons huidige ouers wil belas nie.
Daarom vra ons u as alumni, of borg om ons finansieel by te staan om hierdie droom te laat realiseer.
Voorbeelde van benodigde fasiliteite sluit in:
• Akademie:
– Verbetering aan ons laboratorium (bouprojek) asook laboratoriumtoerusting
– Elektroniese toerusting vir klaskamers
• Sport:
– Opgradering van skuiling by hokkieveld
– Stoorplek in binnehuise baan
– Trekker vir Affiespark (Solis 26 Turf Tires @ N$ 325 450)
– Flail Collector (Implement wat grasoppervlak verbeter @N$ 335 225)
– CM roller mower (N$ 210 000)
– Nuwe klankstelsel vir Affiespark
• Kultuur:
– Nuwe klankstelsel vir Affiespark
– Lugversorging in die skoolsaal
• Infrastruktuur:
– Opgradering van hoërskoolpersoneelkamer en fasiliteite vir vakadviseurs
Indien dit vir u moontlik is om ‘n bydrae te lewer, kan u in die volgende bankrekening deponeer:
Windhoek Afrikaanse Privaatskool
Bank Windhoek Limited
Windhoektak
Rekeningnommer: CHK 1030487901
Takkode: 481-972
Verwysing: Welvarende WAP