Windhoek Afrikaanse Privaatskool
Primêre Skool
WAP se laerskool bied ‘n leerplan wat leerders voorberei vir die geleenthede en uitdagings wat die hoërskool mag bied.
In die grondslagfase volg ons ‘n holistiese manier van onderrig.
Sedert 2018 bestaan ons daaglikse leskomponente uit, sover moontlik, ‘n
heelbreinonderrig sisteem nl:
1.Aandagwekker
2.Maak kinders betrokke by die les deur hulle sintuie in te span
3.Direkte onderrig deur onderwyser
4.Groepwerk of saamwerk (vaslegging)
5.Verskillende onderrigmetodes en tegnieke in les (Indirekte onderrig/vaslegging)
Sedert 2025 maak WAP ook van vakadviseurs gebruik om deurlopend die inhoud van alle vakke te evalueer, en waar nodig, te verbeter.
Skoolhoof: Marizanne Wynjeterp
Akademiese Program – Junior Primêr:
Akademiese Program – Junior Primêr:
Die akademiese program in die junior primêre afdeling bestaan hoofsaaklik uit die
volgende komponente:
- Lewensvaardighede – Kuns / Musiek / Omgewingsleer / Bybelonderrig /
Liggaamsopvoeding (GMO) / ‘Mind Moves’ - Geletterdheid – Skrif / Mondeling / Lees / Skryfvaardigheid / Engels: Writing,
listening and reading - Syfervaardigheid – Tel en Meet / Probleemoplossing / Getalbegrip / Praktiese Wiskunde
Skaak vorm ook deel van die kurrikulum in graad 2 en 3.
Die res van die program is propvol leerpret en leer vind soms ook buite plaas, bv. die
jaarlikse kultuurskool op Affiespark vir graad 1- 3’s.
Boffin-uitstalling
Boffin-uitstalling
Leerlinge van graad 1-3 neem jaarliks aan ‘n Wetenskapuitstalling deel, waar hulle hul eie eksperimente beplan en uitstal.
Akademiese program – Senior Primêr
Akademiese program – Senior Primêr:
Akademiese program – Senior Primêr:
Die Namibiese leerplan, met verryking van die CAPS-leerplan word gevolg.
Vakke wat aangebied word is:
- Afrikaans
- Engels
- Wiskunde
- Wetenskap
- Sosiale Studies
- Ekonomiese Bestuurswetenskappe
- Skaak (graad 4)
- Kodering (graad 4-7)
- Kuns (graad 4 – 6)
- Liggaamsopvoeding (GMO)
- Bybelonderrig/Toewyding
IEB gestandaardiseerde toetse word jaarliks deur alle graad 4-7 leerlinge geskryf.
Sport
Sport
Windhoek Affies het talle sportkodes en neem aan ‘n verskeidenheid van
sportgeleenthede gedurende die jaar deel. Skaak, boogskiet en jukskei vorm ook deel van ons kodes.
Atletiek:
- Interhuiskompetisie
- NAPSO – streeks byeenkoms
- NAPSO – nasionale byeenkoms
- NAPSO – atletiektoer
- NSSU – zone byeenkoms
- NSSU – streeks byeenkoms (o.13)
- NSSU – nasionale byeenkoms (o.13)
- Skooltoer (afhangende van beskikbare byeenkomste in Suid-Afrika)
Wintersport:
WAP se laerskool wintersportsoorte sluit in hokkie, rugby en netbal.
Tjokkers (o.7-o.9):
- Vriendskaplike sportdae (plaaslik)
- Streeks – ontwikkelingsliga
- Senior primêr (o.10-o.13):
- Vriendskaplike sportdae
- Toer geleenthede na Suid-Afrika (o.13)
- NAPSO byeenkomste en -toer (o.13)
- Khomas- en Superliga (o.12 en o.13 netbal)
- Nasionale liga (o.11-o.13 rugby)
Somersport:
Tjokkerkrieket word vir o.7’s en o.8’s aangebied, terwyl ons ouer kinders
geleidelik aan formele krieket blootgestel word.
Onder 9’s:
- Ses-aan-‘n-kant ontwikkelings-liga
- T20 ontwikkelings-liga
Onder 11-13:
- Ses-aan-‘n-kant nasionale liga
- T20 nasionale liga
- Playtime – ontwikkelings week
- NAPSO Krieketweek
- Windhoek Affies Ses-aan-‘n-kant vriendskaplike naweek
Kultuur en Musiek
Kultuur en Musiek
Daar is talle geleenthede vir leerlinge om aan kultuur- en musiekgeleenthede deel te neem:
- Musiekwaardering graad 1-4
- Junior primêre koor
- Senior primêre koor
- Spreekkoor
- ATKV-Werkswinkel
- Praatberaad
- Redenaarskursus en –werkswinkel
- Speech Evening
- NATME
- WAP-Woord-Week
- FAK-dag
- NICTUS/NAPSO Kuns- en Kultuurfees
Ambassadeurs:
- Bybelgenootskap muntlegging
- Kankervereniging Spray-A-Thon
Ons laerskoolleiers is ook betrokke by ‘n verskeidenheid van gemeenskapsprojekte o.a.
Droogtehulpfonds en besoeke aan hospitale/ouetehuise.