Windhoek Afrikaanse Privaatskool
Sekondêre Skool
WAP bied ‘n leerplan wat gefokus is op kreatiewe denke, probleemoplossingsvaardighede, insig en die groter prentjie sodat leerlinge voorbereid universiteit toe te gestuur kan word en gereed in die werksplek kan instap. Hier kweek ons goeie werksetiek, want die werk vereis harde werk en toewyding, net soos wat prestasie in die verskeie presterende sportkodes wat WAP aanbied, vereis. Hier ontwikkel leerlinge om in ‘n georganiseerde leeromgewing hulle volle potensiaal te bereik hetsy in die klaskamer, sportveld of op die verhoog. Kleiner klasse en individuele aandag bied die geleentheid aan elke kind om ‘n plek en ‘n stem te hê, – ons geniet mekaar se geselskap, maak nie saak wat nie.
Skoolhoof: Kobus Espach
Vakkeuses Graad 8 & 9
Vakkeuses Graad 8 & 9
Vakkeuses Graad 10/11/12
Vakkeuses Graad 10/11/12
Kies een primêre en een addisionele taal:
Primêre taal:
Afrikaans Huistaal
Engels Huistaal
Addisionele taal:
Afrikaans Huistaal
Engels Huistaal
Afrikaans Addisionele Taal
Engels Addisionele Taal
Kies een vak uit Wiskunde:
Wiskunde
Kwantitatiewe Beredenering
Kies drie vakke uit die volgende vier groepe (slegs een vak per groep kan gekies word)
1.1 Ingenieursgrafika en Tegnologie of Duits of Toerisme
1.2 Geografie of Rekeningkunde
1.3 Fisiese Wetenskap of Besigheidstudies of Gasvryheidstudies
1.4 Biologie of Rekenaarstudie
IEB – ISS
Die hoërskool is volledig dubbel-medium.
Leerlinge ontvang die Internasionale Sekondêre Sertifikaat aan einde van graad 12
Vraestelle word deur die IEB in Suid-Afrika opgestel en gemerk.
Die kwalifikasie word deur Stellenbosch Universiteit geakkrediteer.
Kwalifikasie gee leerlinge toegang tot universiteite dwars oor die wêreld.
Kwalifikasie is goed gekeur deur Ministerie van Onderwys in Suid–Afrika asook die Universiteitsraad.
Kwalifikasie is ook vergelyk met Europese lande, Australië en Kenya en op dieselfdestandard.
Evaluering:
Graad 8 – 12
Elke Semester: 2 x Bemeesteringstoets
1 x Eksamen
Klastoetse gereeld
Projekte:
Vorm ‘n integrale deel van bogenoemde
Meerderheid projekte word in die klas afgehandel
Een groot projek per vak per jaar word gedoen
Ekstraklasse – Maandae tot Donderdae
Sport
Sport
WAP Kultuur
Kultuur
Ons bied vele geleenthede vir ontwikkeling op kultuurvlak: